Meer oor ons
Meer oor ons hoof
Marthenel is die eienaar en hoof van Oefenskool. Sy is ‘n mamma van drie en is ook ‘n gekwalifiseerde onderwyseres met ‘n B.ed grondslagfase graad. Marthenel het in ‘n baie klein plaasdorpie, genaamd Amersfoort, groot geword. Haar liefde vir die eenvoud en rustigheid van plaaslewe vorm deel van die ruimtes wat ons by Oefenskool vir kinders wil bied en van personeel wat nie omgee om saam met die kinders vuil te word nie. Dit is vir Marthenel belangrik dat leerders gehoor, gesien en geliefd voel. Wat onderrig vir haar opwindend maak is die feit dat elke oomblik ‘n leergeleentheid is vir jong leerders.
Meer oor ons terrein
Die terrein is ‘n heerlike erf met groot bome wat baie skadu bied in die somer. Ons het ‘n verskeidenheid van speelgoed. Daar is ruim spasie om bal te speel, te klim en klouter, en om fiets te ry, ‘n boomhuis en springmatte, en ‘n sensoriese padjie. Die oefenskool bied ook geleentheid aan die kleuters om te help plantjies plant in die groentetuin en self te beleef hoe dit groei. Ons kinders speel kaalvoet as hulle wil en vuil word is deel van die lekker (natuurlik word die hande gewas voor etes en aktiwiteite). Ons hoop dat jou kleuter ‘n stukkie kindwees hier kan beleef.
Meer oor ons onderhoof
Simon is in ‘n ondersteunende hoedanigheid betrokke by die Oefenskool. Hy is ‘n pappa van drie en Marthenel se eggenoot. Simon is ‘n predikant van beroep met ‘n voorliefde vir afrigting en proses fasilitering. Vir hierdie doel het hy, buiten ‘n meestersgraad in teologie (MDiv), ‘n tweede meestersgraad verwerf in Persoonlike en Professionele Leierskap (MPhil PPL). Hierdie onderbou speel ‘n groot rol in die Oefenskool se sistematiese benadering tot die welstand van beide die personeel en die kleuters.
Meer oor ons klasopset
- Halfdag “skool”
- Klein klassies met ‘n maksimum van 12 kleuters in ‘n klas
- Spel is die hoof fokus tydens lessies
- ELDA Kurrikulum word gevolg
- “Gentle discipline” word toegepas
- Ons maak gebruik van ‘n infasseringsproses om jou kleuter stelselmatig gewoond te maak aan die nuwe omgewing
- Deurlopende assessering word toegepas
- Daar is twee uitstappies ‘n jaar en twee instappies




